WOMEN'S LEAGUE
VROUELIGA

Ons by SNW Vroueliga probeer om IN ons Gemeenskap ‘n verskil te maak. Ons het verskillende programme waaraan ons werk en waardeer ons betrokke is by die Gemeenskap.

 

Ons het mense wat berading doen, ‘n span wat funksies reël en omsien na die bejaardes in ons Ouetehuise en aftree-oorde. Ons deel geskenkies uit aan die bejaardes en stap ook saam met hulle, dat hulle oefening kry. Ons help by ouetehuise met van hulle fondsinsamelings om toesig te hou en hulle veiligheid te verseker.

 

Dan het ons ‘n handvaardigheid span wat betrokke is by verskillend programme, waar hulle goedjies brei en lewer aan mense en ander organisasie wat dit nodig het. Ons het reeds hierdie jaar Skapies gebrei en gelewer vir Zhara ons kankerleiertjie, dan het ons mussies
gebrei en afgelewer by die Hospitaal en ook goedjies gemaak vir Mama Temba se uitreik waar daar pakkies met die nodige goedjies gegee word aan nuwe Moedertjies by ons plaaslike hospitale.

 

Ons reël ook pannekoek-dae en Markdae, speletjies aande, om ons lede die geleentheid te gee om hulle talente te kan gebruik en terselfde tyd betrokke te raak.

Huis Jan Swart se pretloop - 14 Oktober 2023

Silwer Hare is Goud Werd veldtog in samewerking met Helderberg FM - 2 May 2023

For any enquiries contact Sanel Woodward